Hierdie boodskap sal nooit genoeg dankie kan sê vir hoe dankbaar ek is vir alles wat jy vir my gedoen het. Ek het vanoggend die betaling van die Life Cover ontvang, dit het my dag gemaak!!!! 🙂
Jy het my regtig bygestaan deur hierdie moeilike tyd en jy was altyd bereid om te help waar jy kon, ek waardeer dit so baie. Jy is so ‘n lojale mens aan jou kliënte, dag of nag kan ek jou kontak en ek weet jy sal my help waar nodig.
Mens voel altyd dit is so ‘n waste om polisse te betaal, en toe jy in my huis sit jare terug met ek en my oorledene man, toe het ek ook gedink ag wat dit is nie nodig nie, maar vandag is ek so dankbaar dat JY hierdie verskil in ons lewens gemaak het.
Baie, baie dankie Sharon, jy is ‘n wonderlike mensie.